Dirkie van der Spuy @ sinoos oor ‘n Christelike lewenstyl

Hier die videos van Dirkie van der Spuy oor ‘n Christelike lewenstyl:

UPDATE: Die aanvanklike videos wou nie wys nie, ons is in proses om hulle oor op te sit.

hoe stel ons ‘n agenda saam in die toekoms

Die laaste oggend van die sinode het begin met die tafelleiers wat vrae gevra het  oor die samestelling va die agenda. Die probleem is dat ons agenda vir ‘n sinodesitting by die voetsool sinodesittings saamgestel word (in hierdie geval ‘n18 maande proses), en uiteindelik altyd tot ‘n mate ‘agter’ is. Sake wat onlangs op die tafel gekom het, byvoorbeeld godsdiens in skole, maar wat van kritiese belang vir ons predikante en gemeentes is, word nie by die sinode bespreek nie.

Ons voorstel is dat die Diensraad en die tafelleiers saam gesels om die proses vir die volgende sinodesitting te verfyn, sodat ons agenda op datum en relevant te wees, en nog meer ons predikante en gemeentes kan help om die moeilike sake van die dag te hanteer.

Hierdie gesprek help ons om ook aan te pas by ‘n wêreld wat vinniger en vinniger beweeg en verander, waarbinne ons ook kerk moet gaan wees.

ekologie by die sinode

Hier by die sinode is ‘n stalletjie van Environmental Energy Enterprises oor son-geysers. Ons het bietjie met Carey gesels, en sy vertel in hierdie video kortliks hoe dit werk. Ekologie raak meer en meer belangrik binne die teologie en kerk, en ons sal die implikasies daarvan vir ons in ons persoonlike lewens moet begin uitwerk.

winde van verandering

Neels Jackson het bietjie in Beeld geskryf oor die eksperiment waarmee ons besig is hier by Oostelike Sinode se sinodesitting. Ons het ‘n paar bloggers, vertoon die twitter hashtag #sinoos op die skerm tydens van die sessies, en sal hopelik nog ‘n paar videos van die sinode ook oplaai in die volgende dag.

Dat ons besig is met ‘n eksperiment, en dat dinge duidelik vinnig verander hier in die sinode, het nogals op ‘n amusante manier uitgekom toe die groot skerm een oomblik in groot swart letter verkondig het dat selfone moet af wees, en kort daarna afgekondig het dat jy kan sms of tweet om deel te neem aan ons gesprek.

Daar het reeds ‘n paar dominees opgesign vir twitter tydens die sitting, en ons hoop om nog ‘n hele paar van ons predikante bloot te stel aan die nuwe vorme van kommunikasie.

2 dae om te gaan, blogs om te volg

Sinodesitting is 2 dae weg. Hier is ‘n paar herinerringe aan wat gebeur binne ‘n Web 2.0 omgewing tydens die sinodesitting.

Jy kan ons op twitter volg by www.twitter.com/sinoos, en ook kyk na die #sinoos hashtag.

Ons vier bloggers vir die sinodesitting is:

Cobus van Wyngaard

Lourens Grobbelaar

Ronald van der Bergh

Skille Botha

Daar sal videos op youtube gelaai word, en terugvoer gekry word oor sekere sake via twitter. Ons sal hierdie blog gebruik om jou op hoogte te hou van wat gebeur.

Sinodesitting Agenda

Hier is die agenda vir die sinodesitting van 11-13 Oktober. Ons sal hier, en op ander blogs waarvan ons jou sal vertel in die week wat kom, blog oor wat by die sinodesitting gebeur.

Agenda bl 1 tot 15

Agenda bl 16 tot 27

Agenda bl 28 tot 35

Agenda bl 36 tot 39

Agenda bl 40 tot 42

Agenda bl 44 tot 49

Agenda bl 50 tot 61

Agenda is in PDF formaat. Laai gerus af.

Oostelike Sinode 2009: ‘n OOP gesprek

Ek onthou nog hoe ek op ‘n Agenda van ‘n sinodesitting (was dit dalk Oostelike Sinode?) in my pa se kantoor afgekom het ‘n klompie jare terug. In groot rooi letter (so onthou my kindergeheue dit), het daar gestaan: “VERTROULIK”. Vreemd, het ek gedink. Kon nie verstaan dat ‘n agenda van ‘n kerkvergadering vertroulik moes wees nie…

Tye het werklik verander. Eers het agendas openbare besit geword, enigiemand kon dit lees. En mense het. Party sinodegangers het nie hulle agendas gelees nie, maar mense op straat, lidmate in die kerk, en party wat nooit hulle voete in die kerk sit nie, het wel die agenda gelees. Ek kon nou vra: “Dominee”, of “broer/suster Ouderling”, “hoekom het die sinode oor hierdie dinge gepraat en jy het ons nooit vertel nie?”.

Maar deursigtigheid het nog meer gevra in die jare wat verby is. En nou reageer ons deur te sê: “Kom praat saam”. Om net te kan lees wat die sinode sê en doen is nie genoeg nie, in die kerk wil ons almal se stemme hoor. Op verskeie maniere maak ons die gesprek oop tydens hierdie sinodesitting. Daar is gerugte van twitter en projektors wat jou gedagtes gaan vertoon, van  bloggers wat hulle opinies gaan deel oor die sinode.

Besoek hierdie blog in die volgende paar weke vir meer info. Los ook vir ons jou gedagtes oor verskillende sake soos wat ons daaroor blog.

Om blogposts van die sinode via e-pos te ontvang kliek hier.

Om vir die RSS-voer van blogsposts oor die sinode aan te teken kliek hier.


Oostelike Sinode Twitter

  • Is dit kerkleiers se werk om versoening te bring? Moet dit nie in harte van mense SWART en WIT gebeur nie? Leiers kn nt help #sinoos 4 months ago
  • Die tendens om die kerk soms sonder rede te kritiseer sneeubal. Lekker verskoning vir ouens wat skuldig voel oor verhouding met Here #sinoos 4 months ago
  • Het nanderdag gesprek oor radio gehoor oor wie is jou naaste. Duidelik is daar nie eenstemmige gedagtes daaroor nie #sinoos 4 months ago
  • is dit regtig die kerk se werk om administratiewe chaos in die omgewing te probeer uitsorteer #sinoos 4 months ago
  • Die kerk bestaan terwille van die mense wat nie daaraan behoort nie. Gaan haal - bou op -stuur uit en begin weer voor #sinoos 4 months ago

Oostelike Sinode

Hierdie is die amptelike blog van die Oostelike Sinode van die NG Kerk.

 Ontvang blogposts via RSS

http://www.feedblitz.com/f/?Sub&publisher=2920732 Ontvang blogposts via epos